Eensgezindt stoet het ontstaan in 2014. Skape word al in die familie geboer vanaf 1940. Ons het op Palmietfontein naby Ventersdorp begin skape boer in 2012 en was so ingenome met die Wit Dorper ras dat ons in 2014 ons eie stoet begin het. Daar is reeds bevestig dat daar genetika van uitstekende gehalte in ons stoet is.

Ons het tot die besef gekom dat ons skape baie beter sal vaar as hulle in hul natuurlike omgewing kan wees. So het ons aan die einde van 2015 totsiens gese vir aangeplante weiding, aanhoudende dosering en bosluise, en met groot opwinding gaan kennis maak met die Karoo. Ons bevind onsself nou in die hartjie van die Karoo tussen Britstown en Prieska waar ons ‘n merkwaardige verbetering in die kondisie van ons diere kan sien.

Ons streef daarna om Wit Dorpers te teel wat 'n aanwins sal wees vir enige Wit Dorper stoet of kommersiële skaap kudde. Dit is vir ons baie belangrik dat Eensgezindt se Wit Dorpers bevordering moet bring aan die Wit Dorper ras. Daarom selekteer ons ons diere baie noukeurig. Voordat ‘n ram of ooi verkoop word, word dit eers deur ons veearts ondersoek. Dit gee ons die sekerheid dat die nuwe eienaar uitstekende waarde vir geld kry 

Ons nooi u uit om te deel in ons liefde vir die Wit Dorper ras